top of page
Artboard 1.jpg
BG 1.jpg
BG 1.jpg

Helvetica Light is an easy-to-read font, with tall and narrow letters, that works well on almost every site.

BG 1.jpg
BCB_Prediker_EP_1_The_Narrateur_NOV2020_028.jpg
BG 2.jpg

Twee mense, een plek

Sirkels om mekaar to die sirkers oorkruis

Die toekoms verf met groen

Jy dans tyd verby tot die dagbreek 

Durf die grondpad om jou raak te loop 

Die horison roep hierdie lewe uit my uit, jy berreder my saligheid

​

Pos jou beloftes in 'n glas koevert 

Min het ek geweet, Johannes die Profeet, As ek jou net kon laat sien

Aah aah, Aah aah 

​

Sewe Somers, sewe winters

Deur die op-en-af en heen-en-weer ek hou van jou

Die tyd staan stil, die tyd vlieg

Ons sweer ewigheid in die donderweer

Ek belowe vir jou ongewone reise, lewe sonder grense,

Stories wat die wêreld genees

Eendag sal ons weet, ons drome het ons altwee vlerke gegee

Die Hemel weet dit 

BCB_Prediker_EP_1_The_Narrateur_NOV2020_028.jpg
BG 2.jpg

Ek Wou Nog

'N Seerplek die grootte van my lyf 

Pleisters van lag en wyn en wegkwyn

Maar dit bly so bitter rou

'N Haan kraai, dit was nog 'n lang nag

Ek trek aan in blompatrone

Maar alles bly so bitter blou

Ek wou nog 'n sin vir jou skryf

Die lewe het 'n punt gemaak

Ek wou nog daai painting vir jou koop

Tee mors op jou vloer

Ek wou nog net een keer redeneer

Stry totdat ons lag

Nog 'n keer die son sien opkom

Die lewe het 'n punt gemaak

​

'N Stil hart, maar ek bloei 'n duisend woorde

Ek dink want dit is donker, en dit is donker want ek dink

'N kort tyd, maar vir ewig is so lank

Ek bêre al my goedjies van jou

Maar dit bly so bitter rou 

Ek wou nog 'n sin vir jou skryf

Die lewe het 'n punt gemaak

Ek wou nog daai painting vir jou koop

Tee mors op jou vloer 

Ek wou nog net een keer redeneer

Stry totdat ons lag

Nog 'n keer die son sien opkom 

Die lewe het 'n punt gemaak

BCB_Prediker_EP_1_The_Narrateur_NOV2020_028.jpg
BG 2.jpg

Alles en Niks

Ons is half vol, ons is half leeg

Gemaskerde vreugde, verwronge leed

Veldbrand redenasies, yskoue denke

Porselein gesigte, grafsteen harte

Ons is

Alles en niks, ons is

Alles en niks op dieselfde tyd

Ons leef in die donkerte 

Ons stook ons vure in die lig

​

Alles en niks

Alles en niks op dieselfde tyd

Ons leef in die donkerte

Ons stook ons vure in die lig

Alles en niks

Alles en niks op dieselfde tyd

​

Ons oë is moeg, ons ore doof

Bring jou graaf ons grou fondasies vir ons hoop

Ons bou 'n plek waar ons weer buite saam kan speel

Grensloos, seinloos waar ons alles weer kan deel

Tot dan

​

Alles en niks, ons is

Alles en niks op dieselfde tyd

BCB_Prediker_EP_1_The_Narrateur_NOV2020_028.jpg
BG 2.jpg

Is ons al daar

Is ons 

Is ons al daar? 

Is ons

Is ons al daar? 

​

Vanoggend word ek wakker met geraas in my kop

Daar is iets van jou wat in my gedagtes rondskop

Rooi lig, groen lig, oranje net versigtig

Ek trap rem want ek weet ek moet lig dig

Knie-diep, half dag ons almal het verdrink in

Fiks wees, laat wees, wakker wees, klaar wees

Ons koppe soos die spitsverkeer

Verstop, verwronge ek kla eerder oor die weer

Elke dan en wan as ek kan nugter dink

Sien ek 'n ander wêreld wat my nader wink

So los net alles as jy saam wil gaan

En begin solank gesels want ons mik vir die maan

​

Is ons 

Is ons al daar? 

Is ons

Is ons al daar? 

​

Vanoggend word ek wakker met geraas in my kop 

Is daar 'n knoppie om te druk vir die hierdie chaos om te stop want 

Jy aan die ander kant breek van beloftes

Reën op 'n sinkdak, bloed uit 'n klip tap 

Ons almal vlieg hoër as wat ons vlerke lank is

Kan ons drome groter wees as wat dit in die bank is

Kyk na die refleksie van die vlamme in ons oë

Staan op, raak stil op hierdie wêreld se verhoog want

Elke dan en wan as ek kan nugter dink 

Sien ek 'n ander wêreld wat my nader wink

So los net alles as jy saam wil gaan

En begin solank gesels want ons miks vir die maan

​

Is ons 

Is ons al daar? 

Is ons

Is ons al daar? 

 

Hierdie is 'n ode aan hoe ek jou ontmoet 

Hierdie is 'n ode aan hoe ek jou moet groet 

Hierdie is 'n ode aan hoe ek jou ontmoet

Dis 'n ode, Dis 'n ode

Hierdie is 'n ode aan die tyd saam met jou

Die tyd aam met jou is waarvan ek vashou

Dis 'n ode 'n "perfekte somertyd"

Ek sal wag tot die lig "lig weer skyn" 

Die lewe saam met jou was op 'n ander wentelbaan

​

Los net alles as jy saam wil gaan

Los net alles as jy saam wil gaan 

En begin solank gesels want ons mik vir die maan

​

Is ons 

Is ons al daar? 

Is ons

Is ons al daar? 

​

Los net alles as jy saam wil gaan 

En begin solank gesels want ons mik vir die maan

BG 2.jpg

Plek Aan My Tafel

Vriende vertrek as familie

Deel jou resep van geselligheid

Gister se stories vandag se hoop

Gesondheid op môre

​

Ek is want jy is

Ons het nou hierdie lewe, deel dit

Daar's nog plek aan my tafel

Laat die tyd stilstaan

Ons bêre die oorskiet vir later 

Gister se stories, vandag se hoop

Gesondheid op môre

​

Ek is want jy is

Ons het nou hierdie lewe, deel dit

Daar's nog plek aan my tafel

Ek is want jy is

Ons het nou hierdie lewe, deel dit

Daar's nog plek aan my tafel

​

​

Penbi Shoot (21 of 25).jpg
BG 2.jpg

Die Sonskyn en die Reën

'N Dag sal kom dat ons weet

lig en donker raak ewe mooi

'N tyd vir begin, 

Tyd vir einde

Tyd om te vat,

Daars 'n tyd om te gee

​

Mag ons nooit bang wees om sopnat te reën

Mag ons lag asof môre sal wag

Ons doen soms goed in die sonskyn

Maar ons kort somtyds die reën, die reën, die reën

​

Die sonksyn en die reën

Die sonskyn en die reën

'N Tyd om te spaar, 

Wyk in die oorvloed

'N tyd om te praat

Oorwin jou stryd in die stilte 

'N tyd om te bou,

Bring 'n tyd vir 'n sloping 

Daar's 'n tyd om te treur

Ons sal later weer kan dans

​

Ons doen soms goed in die sonskyn

Maar ons kort somtyds die reën, die reën, die reën

Die sonksyn en die reën

Die sonskyn en die reën

Die sonksyn en die reën

Die sonksyn en die reën, die reën, die reën

Mag ons nooit bang wees om sopnat te reën

Mag ons lag asof môre sal wag

​

Penbi Shoot (21 of 25).jpg
BG 2.jpg

Klankdig

Jy het 'n wêreld aan my binnekant oopgebreek

Langs my vol vol hart was daar nog plek

Soos 'n skim op 'n foto van wat was

Sluip jy in my stilte

Soos 'n vol vol stad

Gebukkend onder al hierdie geraas

Die chaos het begin

Maar jy sal hier verkore bly

Jy is klankdig in my Jy is klankdig in my Jy is klankdig in my

Klankdig in my

As y alles vasplak en dit bly breek

As spyt jou binnekant opvreet

As jy weer probeer en dit gebeur net weer

Hou net aan loop deur al hierdie ontploffings rondom jou

Die oorlog het begin

Maar jy sal hier gepantser bly

Jy is klankdig in my Jy is klankdig in my Jy is klankdig in my

Klankdig in my Klankdig in my

Hou jou kop hoog Trek jou skouers terug

Een voet voor die ander

Gepantser in my

Hou jou kop hoog

Trek iou skouers terug

Sit net een voet voor die ander

Jy's gepantser in my

Jy is klankdig in my Jy is klankdig in my Jy is klankdig in my

Klankdig in my

BCB Colour Pop-9.jpg
BG 2.jpg

Jonk en Verlore

Daar is gange in jou kop, ek ken dit

Elke hoek en draai het ek ontdek

Die kastele in jou hart se kamers

Is soms verlig, soms toegetrek

Ek droom van lang strande, jy droom van groot stede

Ons ken mekaar se diep en duister, lag en luister

Ons klein wêreld, ons rusplek

Ons bou mekaar en breek mekaar, deur al die skree net jy

Toe ek jou oog gevang jare terug, was ons nog vry

Wat as ons net alles los, ons goed

oppak en ry

'N Avontuur gaan soek

Jonk en Verlore

Nes in die ou dae

Nes in die ou dae

Jonk en verlore

Daar is plekke in die wêreld waar

ons was

Elke stad is deel van iou

Die wysies binne my kom uit soos branders

Kan ons lugkastele bou

Ek droom van lang strande, j droom van groot stede

Ons ken mekaar se die en Ons ken mekaar se diep en duister, lag en luister

Ons klein wêreld, ons rusplek

Ons bou mekaar en breek mekaar, deur al die skree net jy

Toe ek jou oog gevang jare terug, was ons nog vry

Wat as ons net alles los, ons goed oppak en ry

'N Avontuur gaan soek

Jonk en Verlore

Nes in die ou dae

Nes in die ou dae

Jonk en verlore

Ons bou mekaar en breek mekaar, deur al die skree net jy

 

Toe ek jou oog gevang jare terug, was ons nog vry

Wat as ons net alles los, ons goed oppak en ry

'N Avontuur gaan soek

Wat as ons net alles los, ons goed oppak en ry

'N Avontuur gaan soek

Jonk en Verlore

Nes in die ou dae

Nes in die ou dae

Jonk en verlore

bottom of page