top of page
As en Stof
Wanneer die begin die einde raak en die einde die begin...

As en Stof is geskryf en opgeneem in die studio by Abbey Road Institute in Johannesburg. Dit was een van daardie laatnag pogings toe ons besef het dat 'n breuk nodig is om weer die kreatiewe toutjies bymekaar te kan trek met dit waarmee ons op daardie stadium besig was. In die breuk het ons onthou van 'n wysie, 'n paar akkoorde en 'n ou gedig wat ons gedink het iets kan wees.

Ben Ludik het record gedruk en As en Stof is soos 'n legkaart aanmekaar gesit Dit gaan oor die oomblik wat jy weet dis die einde van iets; wanneer die begin die einde raak en die einde die begin...

 
Daar was reën in die pikswart nag
Dis hoe dit geïndig het
Die silhouette van berge het my vasgehou
In hulle koue blou
Trane sit vlak in my oë
Die skree sit vlak in jou bors
My binne en my buitekant het elk 'n ander gevat
In verskillende rigtings
en ek probeer verstaan

As en stof
Lig en vuur
Nog ’n nuwe dag
Nog ’n uur
Flymskerp
Stormsterk
Nog ’n gedig
Nog ’n muur

Wat is die lewe werd sonder jou?
Soms gebeur alles net te gou
Dis seker nou dat jy vir my sou sê
Hier sit ons nou by as en stof

Ek het gister die son sien huil
Is dit hoekom dit donker is?
Ek probeer jou verf soos wat ek jou onthou
So diep in dink
So diep in blou
Die herinneringe kleef aan my vel en ek
Ek verdwaal in my kop
Ek staan weer op dieselfde plek
Waar ek en jy geloop het
In verskillende rigtings
En ek probeer verstaan

As en stof
Lig en vuur
Nog ’n nuwe dag
Nog ’n uur
Flymskerp
Stormsterk
Nog ’n gedig
Nog ’n muur

Wat is die lewe werd sonder jou?
Soms gebeur alles net te gou
Dis seker nou dat jy vir my sou sê
Hier sit ons nou by as en stof
bottom of page