top of page

Mars se Oseaan gaan daaroor dat ons almal soms droom om oor te begin op 'n ander planeet. Dit pak die komplekse onderwerp van depressie en angs in ons hoë-spoed wêreld aan. Die donker wolf waarmee baie mense in ons samelewing moet saamleef… Maar Mars se Oseaan gee hoop in dit alles, want wat as ons mekaar kon kom red en wegneem na ‘n plek waar alles ligter weeg. Waar ons aardse swaartekrag halveer word. Ons verbeel ons ons bou ‘n hout seehuisie langs Mars se oseaan, waar ons saam met vriende ‘n ligter lewe kan vier en waarlik kan leef...

Mars se Oseaan

Dis vyf minute

Voor jou wekker af sou gaan

Iets krap teen die mure

Die binnekant

'n Koppie koffie om die donker weg te sluk

Dis bittersoet, dis bittersoet

Dis bitter

Stil

Bring net jou klere daar's plek in my kar

Ons bou 'n hout seehuisie langs Mars se oseaan

Jou ou kitare en daai fotos teen die muur

In die ruimte waar jy wegkruip

As die wêreld te kleurblind raak

Jou fancy meubels vergader net stof

En jy't daai uurglas oopgebreek

Oop soos jou son

Bring net jou klere daar's plek in my kar

Ons hou 'n groot partytjie langs Mars se oseaan Sterre en ligte en mense wat lag

Ons bou 'n nuwe lewe langs Mars se oseaan

Tien

Nege

Agt

Sewe

Ses

Vyf

Vier

Drie

Twee

Een

 

Bring net jou klere daar's plek in my kar

Ons hou 'n groot partytjie langs Mars se oseaan Sterre en ligte en mense wat lag

Ons bou 'n nuwe lewe langs Mars se oseaan

Langs Mars se oseaan

(Mars se oseaan)

(Langs Mars se oseaan)

(Mars se oseaan)

(Langs Mars se oseaan)

Dis vyf minute

Voor jou wekker af sou gaan

Dis bittersoet, dis bittersoet

Dis bitter

Stil

bottom of page