top of page
RAAF - Om en Om (Single Artwork).jpg

OM & OM

Ek vat jou weg na 'n ander tyd

Jy kan oop-oë lê met net die nodigste goed

Kyk hoe die nag jou roep na

Waar alles draai teen 'n stadiger spoed

 

En dan sit ons daar tot dit donker word

Tot dit donker word

 

En ons draai om en om

Mag die dae oor jou skyn soos die oggendson

Om en om

Mag jy dans as die moeilike tye kom

Mag jou hart altyd wild bly

Nog meer avonture

Fotos teen die mure

Meer lewe in jou ure

Om en om

Nog 'n jaar saam met jou om die son

 

Selfs al trek ons na 'n ander plek

Waar die see om jou breek sal ek vir jou sing

Ons gaan hand aan hand terug na die begin

 

Hier by jou wegkruipplek

Gooi jou wense na die sterre en die hemel reën neer

Soos 'n vuurwerk aand op die nuwejaar

 

En dan sit ons daar tot die son opkom

Tot die son opkom

 

En ons draai om en om

Mag die dae oor jou skyn soos die oggendson

Om en om

Mag jy dans as die moeilike tye kom

Mag jou hart altyd wild bly

Nog meer avonture

Fotos teen die mure

Meer lewe in jou ure

Om en om

Nog 'n jaar saam met jou om die son

 

En ons kyk terug sodat ons kan vorentoe kyk

En ons kyk terug

En ons kyk terug sodat ons kan vorentoe kyk

En ons kyk terug

 

Om en om

En ons draai om en om

Mag die dae oor jou skyn soos die oggendson

Om en om

Mag jy dans as die moeilike tye kom

Mag jou hart altyd wild bly

Nog meer avonture

Fotos teen die mure

Meer lewe in jou ure

Om en om

Nog 'n jaar saam met jou om die son

Nog 'n jaar saam met jou om die son

Nog 'n jaar saam met jou om die son

Nog 'n jaar saam met jou om die son

Catch us on the Interwebs

  • Instagram
  • Facebook
  • Youtube
  • Spotify
  • Apple Music
bottom of page