top of page
Paternoster

Ons het Paternoster geskryf in die dorp Paternoster aan die Weskus tussen ons klanktoets en konsert by die Koelkamers Teater. As jy op Paternoster aankom vertel mense graag dat dit "Onse Vader" beteken en die gebeds krale van die Rooms Katolieke kerk is... Vir ons is Paternoster 'n metafoor vir die manier hoe ons altyd liefde moet kies ten spyte van al die foute wat elkeen van ons in ons het...oor en oor.

Dit strek vir ons selfs verder na die konteks van ons ongelooflike land Suid-Afrika. Die Here weet, met al jou foute lief ek jou meer...

Nog 'n kantonota - ons het in 2013 in Paternoster in 'n klein vissershuisie verloof geraak...
Ek wil jou nie meer sien nie
Ek wil deur jou oë sien
Ek wil jou nie kan hoor nie
Ek wil met jou ore hoor
Ek wil nie met jou praat nie
Ek wil namens jou redeneer
Selfs al stap ons deur die stilte saam
Sal my woorde oor jou wees

Sal jy my liefhê sonder pretens
Sal jy my toedraai in gister se wense
Sal jy wou oud word deur storm en wind
Sal jy my vashou al maak niks meer sin nie

Want ons het foute ek en jy,
maar met al daardie foute lief ek jou meer

Paternoster
Die Here weet
Met al jou foute lief ek jou meer

Jy is so onvoorspelbaar
So wonderlik arrogant
Kan jy nog meer op my groei
Al ken ek jou van elke kant
Somtyds breek al die mure
Ons is so kwesbaar
Stukkend, verwaarloos, weerloos, weg
Meestal raak die storm stil
En is jy al wat ek wil hê

Sal jy my liefhê sonder pretens
Sal jy my toedraai in gister se wense
Sal jy wil oud word deur storm en wind
Sal jy my vashou al maak niks meer sin nie

Want ons het foute ek en jy,
maar met al daardie foute lief ek jou meer

Paternoster
Die Here weet
Met al jou foute lief ek jou meer

 
bottom of page