top of page
Sewe Somers

"Ons het Sewe Somers geskryf toe ons sewe jaar getroud was. Meer as enigeiets het ons besef dat ons as mense mekaar se drome moet vlerke gee - ongeag van in watter verhoudings dit is. Die moderne wêreld noop ons om amper net op onsself en ons eie behoeftes te fokus, maar ons droom van 'n wêreld waar ons weer vir mekaar kan vlerke gee. 

 

As elke mens op hierdie aarde kan vertrou dat daar iemand is wat jou hande hoog hou en jou herinner aan jou drome sal die wêreld 'n beter plek wees. Sewe Somers, sewe winters, deur die op en af en heen en weer - ek hou van jou..."

Twee mense, een plek
Sirkels om mekaar tot die sirkels oorkruis
Die toekoms verf met groen
Jy dans tyd verby tot die dagbreek

Durf die grondpad om jou raak te loop
Die horison roep hierdie lewe uit my uit, jy beredder my saligheid
Pos my jou beloftes in 'n glas koevert
Min het ek geweet, Johannes die Profeet, as ek jou net kon laat sien
Aah aah, Aah aah

Sewe somers, sewe winters
Deur die op-en-af en heen-en-weer ek hou van jou
Sewe sondes, sewe blindes
Deur die op-en-af en heen-en-weer ek hou van jou

Die tyd staan stil, die tyd vlieg
Ons sweer ewigheid in die donderweer
Ek belowe vir jou ongewone reise, lewe sonder grense,
stories wat die wêreld genees
Eendag sal ons weet, ons drome het ons altwee vlerke gegee
Die hemel weet dit
Aah aah, Aah aah

Sewe somers, sewe winters
Deur die op-en-af en heen-en-weer ek hou van jou
Sewe sondes, sewe blindes
Deur die op-en-af en heen-en-weer ek hou van jou

 
bottom of page