
Somertyd
Hier′s ons nou
Die aand spoel ons uit in die skare, hand aan hand
In die skoot van die skemer
Kom ons soen die dag vaarwel
Vanaand kan ons verdwaal in tyd
Wals deur die doolhof van "wees wie ons wens"
Ek lig vanaand 'n glas op jou
Die samesyn, die lewe nou
Dis sorgvry
Soos die perfekte somertyd
Jy′s my sorgvrye somertyd
Die nag omhels ons
Die melkweg lê blink deur die hemel
Stuk vir stuk het jy die aandster gepluk
Jy ryg dit soos pêrels om my nek
Alles wat ons nodig het
Is saam met ons op hierdie plek
Die res is nietig
Die oomblik het sy eie stem, ek hoor dit in jou lag
Dis 'n simfonie
Soos die perfekte somertyd
Jy's my sorgvrye somertyd
Nou is ons "goeie ou dae"
Skop uit jou skoene, dans kaalvoet in die sand
Dis al wat ons eendag saam vat
Jou hart in my hand en ons herinneringe
Gooi jou hande in die lug
Voel die wind teen jou rug
Hierdie aand behoort aan hierdie oomblik
Ons moet altyd onthou
Hierdie nag vir my en jou, want
Al wat ons het is herinneringe
Al wat ons het is herinneringe
(Herhinneringe)
(Dames en Here, Esté Raaf op die bass-kitaar)
In ons perfekte, ons perfekte, ons perfekte somertyd
In ons perfekte, ons perfekte, ons perfekte somertyd
In ons perfekte, ons perfekte, ons perfekte somertyd
Jy′s my perfekte somertyd